Business Cards
Business card header

Wat is 'n besigheidskaartjie?

Besigheidskaartjies is kaartjies waarop daar inligting van 'n besigheid of 'n persoon verskyn en word gewoonlik uitgeruil wanneer een besigheidspersoon aan 'n ander een voorgestel word, of wanneer 'n persoon iemand versoek om hom te kontak.

Die inligting op 'n besigheidskaartjie bestaan gewoonlik uit die besigheid se naam, die logo, die draer se naam, selfoonnommer, telefoon en faksnommer, adres, e-pos adres en web adres. Daar kan ook nog ander inligting daarop wees.

Voordat volkleur en grafiese programme verskyn het, was kaartjies net gewone skrif op 'n wit kaartjie. Deesdae bestaan kaarties uit professionele kunswerke wat die oog vang.

Kaartjies word op karton gerdruk van ongeveer 350 gram per vierkante meter en volgens die draer of maatskappy se vereistes. Die kaartjie kan ook UV vernis word om dit 'n hoë glans te gee en dit te beskerm teen skrape en dies meer

In Suid Afrika is die standaard grootte van 'n besigheidskaartjie 90 x 50 mm.

Hoekom het jy besigheidskaarjies nodig?

Ten spyte daarvan dat dit klein en goedkoop is, is jou besigheidskaartjie van die beste bemarkingsgereedskap wat jy ooit sal besit.

Omdat 'n besigheidskaartjie klein en relatief goedkoop is, het baie mense nie die nodige agting daarvoor nie, en dink hulle nie eers aan die sukses wat hulle kan behaal deur hulle kaartjies se effektiewe gebruik vir bemarking en verkope nie.

  • Dit is 'n noodsaaklikheid in vandag se besighede.
  • Dis gewoonlik verantwoordelik vir die eerste indrukke wat jou potensiele klient van jou kry.
  • Dis wat die meeste van jou potensiele kliente eerste van jou te sien kry. (Behalwe jyself)

Hoekom ons topgehalte besigheidskaartjies gebruik?

  • Die kaartjies is rigied en ferm omdat dit op gehalte 350 gram materiaal gedruk word en 'n laag UV vernis vir ekstra sterkte kry.
  • Die beelde en skrif op jou kaartjie is skerp en helder. Dis op 'n 4 kleur lithodrukker gedruk teen 175 lyne per duim in plaas van die gewone 135 lyne.
  • Dit is ook op papier met 'n fyn grein gedruk wat nie die ink absorbeer nie, maar dit bo-op die kaartjie laat bly.
  • Jou kaartjies is imuun teen skrape en krapmerke omdat dit 'n dubbel laag UV vernis daarop het.
  • Jy het meer as genoeg spasie vir al jou inligting omdat jy in swart en wit op die agterkant van jou kaartjie kan laat druk teen geen ekstra koste nie.
  • Jou kaartjie staan uit bo ander kaartjies en sal eerder uit 'n hoop kaartjies gekies word omdat dit topgehalte is met 'n topgehalte ontwerp deur ons kunstenaars.
  • Bo alles kry jy steeds jou kaartjies teen 'n kompeterende prys. Jy kan op baie plekke wat goedkoop kaartjies adverteer, kaartjies koop, maar op die einde van die dag is die kunswerk en die gehalte daarvan so sleg, dat jy skaam kry om dit vir iemand te gee.
  • Al maak jy van ons aanbod vir die goedkoper kaartjies gebruik, kry jy nog steeds kwaliteit kaartjies. Dis net op goekoper materiaal en nie vernis nie, verder presies dieselfde as die topgehalte kaartjies.

Professionele Grafiese Ontwerp.

Jou kaartjies word ontwerp deur 'n professionele grafiese kunstenaar. 'n Besigheidskaartjie sal vir jou ontwerp word wat op jou insette gebaseer is. Ons druk nie jou besigheidskaartjie voordat jy nie 100% tevrede is met die proef nie.

Indien jy self jou besigheidskaartjies wil ontwerp, moet dit net as volg aan ons voorsien word:
In prepress .pdf formaat, sonder enige copy restrictions. In .jpg of enige ander bitmap formaat, 300 dpi. Totale afmetings 94 x 54 mm. Dit sluit 'n 2mm bleed in en alle informasie moet 5mm van die kant van die kaartjie af wees. Indien dit alles korrek is en ons dit net so kan plaas vir druk, sal ons nie ontwerpkostes verhaal nie.

Offset / Litho Drukwerk

Jou kaartjies word op 'n 4 kleur offset press met 'n  175 lpi screen, volkleur voorop en swart en wit agterop gedruk. Hierdie is dieselfde proses wat gebruik word om kwaliteit tydskrifte en publikasies te druk. Ons maak nie gebruik van digitale druk van kaartjies nie, aangesien die kwaliteit swak is.

Swaar kaartpapier en professionele afronding.

Ons 350 gsm kaartjie papier is dik en stewig. Die kaartjies word ook super UV vernis vir ekstra glans en stewigheid. Die UV laag beskerm nie net nie, maar bring die kleure  uit en verhoog die voorkoms van die kaartjie. 

Druktyd en aflewering

Normaalweg word kaartjies twee keer 'n week gedruk, op Woensdae en oor 'n naweek, verkieslik Saterdag. Dit los genoeg tyd vir die kaartjies om behoorlik droog te word, voordat dit vernis word. Die kaartjies word dan 'n dag later 'n dubbellaag vernis en weer oornag gelos om behoorlik droog te word, voordat dit gesny en verpak word. Die kaartjies is gewoonlik Donderdae reg vir aflewering.

In Gauteng, lewer ons so gou as moontlik af, terwyl die ander bestellings dadelik deur The Courier Guy koerier word. Dit kan dan van Woensdag tot Saterdag of somtyds Maandagoggend by jou afgelewer word.

Hoeveelhede en Pryse

Die mees populere aanvraag vir kaartjies is gewoonlik in hoeveelhede van 500 en 1000 identiese kaartjies, volkleur voor en swart en wit agterop, met 'n dubbel laag UV Vernis voorop.

Ons het al baie mooi kaartjies ontwerp.

Slideshow business card image 1 Slideshow business card image 2 Slideshow business card image 3 Slideshow business card image 4 Slideshow business card image 5 Slideshow business card image 6 Slideshow business card image 7 Slideshow business card image 8 Slideshow business card image 9 Slideshow business card image 10 Slideshow business card image 11 Slideshow business card image 12

Tags

  • Business cards
  • Business card printing
  • Business card templates
  • Business cards Johannesburg
  • Business card prices
  • Business card design